1. Erken dat God jou liefhet en ‘n plan vir jou lewe het.
Sy liefde sluit jou in: Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Hy het nuwe lewe vir jou in gedagte: Johannes 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.